History of Gansbaai

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense - Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense. Bespreek een van die eerste 250 getekende eksemplare by die Gansbaai Toerisme Bureau: 028 384 1439 of glenda@gansbaaitourism.co.za

Contact Details

Info

  • Operating Times Click Here
  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

The Authors

Die Samestellers van die boek is Jan en SD Fourie.

Jan was die mentor en het baie van die inligting en ou foto’s uit sy Strandveld Museum verskaf. SD het geskryf tot haar arm lam was, maar sonder Jan se insette sou die boek baie armer gewees het.
Ons woon al 52 jaar op Gansbaai. Jan was vir jare onderwyser op die dorp en is ook die stigter van die Strandveld Museum. Ons is beide skrywers en navorsers oor die streek. SD is ‘n kultuurhistoriese  gids en het bekendheid verwerf met haar spooktoere. Deesdae is sy ‘n voltydse skrywer.

S.D. FOURIE
Dramaturg van ‘n hele paar bekroonde Laerskool produksies.  Logan Fees, Montagu Toneelfees, Akkedissie Toneelfees en op uitnodiging in  Artscape Teater, Playhouse Teater en Paarl Kunstefees.
Derde prys in die RSG/Sanlam Radiodramakompetisie “Roep van die Potjieriet”  -2004
Eerste prys  in die RSG/Sanlam Radiodramakompetisie “Droomskip” – 2008
Derde prys  in RSG/Sanlam Radiodramakompetisie John Birkenhead – 2012
Skrywer van Helderfontein en Dieselfde Storie (Kersdrama) wat beide uitgesaai is.
Skrywer van rubrieke, kortverhale, kontreikuns reisverhale etc.
 Rooi Rose en Huisgenoot (fiksie), Die Kultuurhistorikus, BuiteBurger, Reis Burger,  Overberg Venster en oor ‘n tydperk van 10 jaar ‘n twee-weeklikse rubriek vir Gansbaai Courant.
Plaasverhaal in Riana Scheepers se  “Die Melkweg het ‘n ster laat val” en kortverhaal, Luitjie se vloek, opgeneem in Abraham de Vries se Kontreistories.  Ook ‘n paar verse  in Die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh.
Wenverhaal Reisnet en Litnet vir Wegbreek
Medeskrywer saam met my man, Jan, van Duskant die Duine, bundel kontreistories.  Tans in vyfde druk.
Medesamesteller van Gansbaai Kerkgeskiedenis (1994)
Medesamesteller (Jan Fourie) Laerskool Gedenkblad 1906 -2006 (2006)
Medeskrywer saam met Jan aan Kare Nawa, Namibië (2008), bundel reisverhale oor buurland, Namibië.
Medeskrywer en titelblad van Droomskip en ander radiodramas (2009)- bundel hoorbeelde gerig op opvoedkundige mark.
Twee romans:
 Die Lanternswaaier  2011  (Die boek is op rsg voorgelees)
Die dooies Leef  2014

JAN FOURIE
Bekende skrywer van verskeie boeke oor die streek:
Wisselstrale oor die Strandveld Human & Rousseau 1994
Gansbaai Kerkgeskiedenis 1994
Dagbreek oor Dyerseiland  1997
Strandveldse Gisterdinge  2001
Dawn at Dyer 2002
Duskant die Duine 2005 (medeskrywer SD Fourie)
Laerskool Gansbaai Gedenkblad 1906 -2006 (medesamesteller SD Fourie)
Kare Nawa, Namibië 2008 (medeskrywer SD Fourie)
Skrywer van rubrieke in plaaslike- en streekskoerante, Die Burger (Van Alle Kante)  en Die Byvoegsel.
Kersklokkies oor Branderbaai 2010 (medeskrywer SD Fourie)
Vlugroep van die Tawiep 2014

Meer oor die boek

Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense.


Daar is ‘n twintigtal hoofstukke wat verskeie aspekte van die geskiedenis aanspreek en wat dan meer formeel aangebied word. Nogtans word dit ‘n aangename leeservaring, want daar is o.a hoofstukke oor Gansbaai in die nuus, staaltjies uit die pen van die gemeenskap, gemeenskapsorganisasies  en selfs ‘n paar  gewaarborgde resepte.


Die hoofstukke omsluit baie aspekte van Gansbaai en sy mense:


Die vroegste geskiedenis dateer lank voordat die dorp ontstaan het  en later toe Gansbaaiers nog “soos ‘n voël op ‘n tak” onder langs die see gewoon het, die eerste erwe wat bo teen bult uitgemeet is, die ontstaan van die eerste skool, kerk, dorpsbestuur tot ‘n volwaardige munisipaliteit. Gansbaai het ‘n baie interessante geskiedenis in die opsig dat die skool voor die dorp ontstaan het.


Mense wat diep spore in die dorpsgeskiedenis getrap het soos Jan Barnard, Paul Zietsman en Willie Swart. Die visbedryf word behoorlik omskryf, plase wat uit die agtiende eeu dateer, Dyerseiland en sy robslaners, walvisse, haaie, pikkewyne, fynbos tot toerisme wat terugdateer vanaf Lady Anne Barnard se besoek in 1798 aan De Kelders tot Gansbaai se se goue toekenning as die wêreld se Mees Verantwoordelike Toerisme Bestemming in 2015.


 Om die boek in ‘n paar woorde te omskryf, is ‘n bykans onmoontlike taak. Om dit saam te stel, was  selfs vir die samestellers ‘n voorreg en ontdekkingsreis. Jan en SD Fourie  het reeds die afgelope 53 jaar ‘n groot gedeelte van die geskiedenis beleef.

Hoofstukke

Hoofstukke
1.    Eerste Besoekers
2.    Die beginjare
3.    Danger Point Vuurtoring
4.    Skipbreuke
5.    Skoolgeskiedenis
6.    Kerkgeskiedenis
7.    Gawe van die see
8.    Munisipaliteit
9.    Gansbaai staaltjies – gemeenskap aan die woord
10.    Gemeenskapsorganisasies en feeste
11.    Buurdorpe
12.    Fynbos
13.     Walvisse
14.    Dyerseiland
15.    Die landskap – De Kelders en Klipgat
16.    1Leningsplase en die ontstaan van boerdery in die omgewing
17.    Boustyle
18.    Strandveld Museum
19.    Toerisme
20.    Foto’s –kleurblad insetsel
21.    Gansbaai in die nuus
22.    Die Strandvelders – van eet en drink tot spoke.

(Dit is die voorlopige uiteensetting wat tydens die redigeringsproses kan verander SDF)

Gallery

Map

Nearby Places

Blog Posts